Jy kan nie bou op 'n nie

Kinders se drome word dikwels verpletter tydens die Grondslagfase. Moenie dat ‘n Gap in jou kind se onderrig ontstaan nie. Fill the Gap bewapen jou met die regte gereedskap sodat jou kind hulle drome kan bou.

youtube-video-thumbnail
Young boy reading

Met gespesialiseerde ondersteuning vir jou kind se unieke behoeftes, help Fill the Gap jou om jou kind se drome waar te maak.

Young girl and boy holding hands

Wat is Fill the Gap?

Fill the Gap – Build your child’s dream is ’n gespesialiseerde leerondersteuningsprogram vir Graad 1 tot 5 leeders. Ons fokus op die individuele leerbehoeftes van elke kind deur gestruktureerde, doelgerigte ondersteuning te bied in ’n veilige, klein-groep omgewing.

By Fill the Gap glo ons dat elke kind die vermoë het om te leer, te groei en sukses te behaal — mits hulle die regte hulpmiddele en begeleiding ontvang. Ons werk doelbewus om akademiese gapings te identifiseer en te vul deur leer op ’n kindervriendelike, interaktiewe en betekenisvolle manier aan te bied.

Ons sessies is ontwerp om selfvertroue, motivering en ’n liefde vir leer te ontwikkel. Met gefokusde aandag op kernvaardighede soos lees, skryf, begrip en wiskundige denke, help ons kinders om weer in hul eie vermoëns te glo en hul drome te bou — een legkaartstukkie op ’n slag.

Young girl happy

Fokus op Graad 1-5

  • star

    Klasse van groepe van 5 per Graad word aangebied in 45 minute sessies. Hierdie sessies vind plaas van Maandae middae tot Donderdae middae.

  • star

    Ouers word ook die opsie aangebied om hul kind deur ons te laat toets vir akademiese uitvalle.

  • star

    Vrydae middae is beskikbaar vir individuele sessies en diagnostiese assesserings.